Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir al my wonderlike borduur vriendinne

dankie te sê vir al julle liefde en raad.

Ek kom deesdae agter dat as jy iets by die winkel koop die mense nie baie gehulp saam is nie

hulle gee ons geen raad of hulp nie, en glo my niks is verniet nie.

As julle enige idees het of as julle enige raad het vir nuwe leerders

e-pos my asb, dit is so lekker as kinders van God om mekaar te help.

Onthou alles wat ons uit deel kom 10 x10 terug na ons toe, en ons moet ook nie altyd alles opweeg

om  iets terug te kry soms is dit net so lekker om ander mense te help.

En dan wil ek spesiaal dankie sê vir my nuwe Peet ma Tannie Marriette.

Sy het my beste vriendin geword in n klein tyd perk. Ek dank God dat hy my op die pad gesit het sodat ek haar kon ontmoet het, alles wat ek by tannie leer en al die raad en liefde, ek kan nooit genoeg dankie

nie. Jy is n ware Engel van God se koningkryk.

 

En as jy graag jou beste vriendin wil bedank, ek sit graag julle briefies op my web tuiste.

Julle is ook meer as welkom om bietjie af the show met julle werk stuur vir my julle fotos en ek doen dit met liefde.

 

Groete

Elaine